Article voiceover
27 Augustus 2022
Jy mag dalk wonder ‘hoekom Substack?’ Dit is ‘n gratis platform, waar ek meer inligting oor my loopbaan met jou wil deel. Ek hoop dat hierdie reis ‘n interaktiewe een sal wees waar jy met jou eie herinneringe op my plasings sal reageer. Daar sal later ook vir jou ‘n eksklusiewe geleentheid wees om in te skryf vir ‘n klein bedraggie, waar jy (byvoorbeeld) dieper insae sal kan kry oor hoe ek te werk gaan om ‘n vertoning bymekaar te sit, of geheimpies en wenke oor my verhooglewe. My ander sosiale media platforms sal steeds in gebruik bly – trouens, ek sal vir jou notifikasies via my Facebook-blad stuur. My voorneme is om weekliks te plaas. Ek hoop jy sien net soveel uit soos ek! Baie liefde Laurika
Baie dankie Laurika. Kan nie wag nie!!!!!!!
Ag dit gaan heerlik wees. Dankie dat jy jou stem en lewe met ons as aanhangers deel